Argiewe vir die ‘Demoerin’ Kategorie

HAROLD CAMPING

Gelaai op 11 Mei 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin

 

Dit is Harold Camping, blykbaar 89 jaar oud, maar lyk eerder of hy dalk saam met Noag op die ark gedobber het (moontlik die rede hoekom 4990BC so ‘n belangrike rol in sy somme speel). Harold is die stigter, en eienaar van Family Radio gebasseer in Oakland, Kalifornië. Family Radio het baie gewillige navolgers met [...]

PAASTYD

Gelaai op 21 April 2011 deur Dellie in Algemeen, Demoerin

‘n Mens hoef nie ‘n Christen te wees om ‘n beter mens te wil wees nie. Jy hoef nie te glo dat Jesus vir die mensdom se sondes aan ‘n kruis gesterf het, om om te gee vir ‘n ander nie. Dit is ‘n wilsbesluit. ‘n Besluit om daarna te streef om elke dag ’n [...]

KINDERKASKENADES

Gelaai op 15 April 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin, Snaaksies

Hulle sê kinders word slim gebore, of dit is altans wat die volwassenes hulself wil laat glo. Eintlik is ‘n kind mos maar net ‘n spons (of ‘n slim papegaai), wat alles wat hulle hoor en waarneem bêre vir ‘n bietjie later. Baie ouers, onderwysers, ooms, tannies en ouer broers en susters moet baie keer met ‘n [...]

ALMAL SE STRONT STINK

Gelaai op 7 April 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin, In-diepte

 

Ek is ‘n man en jy is ‘n vrou. Ek is wit en jy is swart. Ek is lank en jy is kort. So what?
Ek is maer en jy is dik. My oë is blou en joune is groen. Myne is ‘n lingam en joune ‘n yoni. So what?
Ek is straight en jy is gay. [...]

IN MY PALMBAKKIE

Gelaai op 31 Maart 2011 deur Demoerin in Demoerin, In-diepte

In my bakhande, twee palms saamgeslaan, koester ek more.
Ek lig my bakkie-palms op na die son elke more, en deurdrenk die saadjie in die middag met die trane van die hoëveldse atmosferiese simfonie. In die donker as die nag sy sluier oor die land werp, is my vuiste beskermd omvou onder my kussing. Meer kosbaar as die [...]

SIEM SALLABIEM

Gelaai op 24 Maart 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin, Snaaksies

Ons word almal groot met fiktiewe karakters in ons lewens. Hulle is in boeke, op die televisie en in flieks. Heidi huppel in die berge, en Trompie en die Boksombende neem die dorp op horings. Ons skaterlag vir Tom en Jerry se manewales en pik ‘n traan of twee in The Lion King.
As jy een van [...]

MASTURBATE-A-THON

Gelaai op 17 Maart 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin, Sport

Jip… dis masturbasie week. Die woord masturbation het heel moontlik sy oorsprong uit of die Griekse woord mezea – genitals, of die Latynse woord munus – hand, gekoppel met die Latynse woord turbare – to disturb.
Maar nou genoeg geskiedenis – Yip, In Mei 1995 het die San Francisco seksspeelgoed en onderrig winkel, Good Vibrations, Mei [...]

AS JY SKRIK….

Gelaai op 15 Maart 2011 deur Demoerin in Algemeen, Demoerin

…skrik tog net wakker. Mens kom ook dikwels in aanraking met die sêding: As dit te goed lyk om waar te wees, dan is dit heel moontlik so.

Bekyk die storie weer so gisteraand op Carte Blanche Extra, waar die meeste van die klaers dikwels met ‘n slap riem gevang is, of waar ‘n wonderlike winskopie uitgedraai [...]

LIEWE MAMMA & PAPPA

Gelaai op 10 Maart 2011 deur Demoerin in Demoerin, In-diepte

Daar is ‘n lelike ding in die lug. Dis nie ‘n virus of kiem nie. Dis ‘n algemene groot FAIL. My gat het baie jare laas op ‘n skoolbank gesit, en ek was totaal uit die veld geslaan toe ek onlangs moes aanskou hoe die laerskool klerewinkel nie ‘n groot genoeg broekrompie vir ‘n 10 [...]

OM MET BALLE TE SPEEL

Gelaai op 2 Maart 2011 deur Demoerin in Demoerin, Sport

En daar gebeur dit toe, nog ‘n sportman val uit sy locker uit. Die paaltjiewagter van Engeland, Steve Davies het nou in die openbaar erken dat hy gay is. Dit volg so ’n bietjie meer as ’n jaar na die Walliese senter, Gareth Thomas, wat in Desember 2009 erken het dat hy daarvan hou om [...]