Desember 1995
Jack Matthyssen, is ‘n beer van ‘n man. Hy toring oor die twee meter die lug in, en weeg ‘n soliede honderd en veertig kilogram. Anders as die welbekende mite…. is Jack slim. Hy het ‘n taamlike bedraggie kontant ge-erf by sy ouma. Amper honderd en vyftig duisend rand.
Jack sit met die koerant [...]
Argiewe vir die ‘Skrywers’ Kategorie
September 1995
Die klas mor en kerm rebels, as Brian Cartwright hulle take uitgee. Hy glimlag by homself. Dit sal darem seker meer as die helfte van hierdie bloedjies, se lentevakansies goed opneuk.
Brian is ‘n natuurwetenskap onderwyser in Nelspruit. ‘n Bleeksiel van ‘n man. Melkwit gelaatstrekke, met die opmerklike kraters en gleuwe, wat getuig [...]
April 1995
Die verwaarlose Mazda B1600, bokspring onseremonieel oor die stuk sinkplaat pad. Deon Strydom, is befoeterd. Sommige mense is nou maar net eenmaal uitgeknip om te sukkel. Niks is straightforward nie.
Hy klim uit by die stowwerige kooperasie gebou. Hy is gemiddelde lengte. So vyfvoet nege, in die ou taal. ‘n Stewige man. Die [...]
Kliek op die “ENTER NOW” knoppie, doen jou ding en vertel sommer hier vir ons WATTER 4 jy sal saamvat en WAT julle vir daardie 4 dae sal doen!!